The above mentioned “RATE OUR SERVICE” was launched yesterday 13 October 2023. Below will be the article as published by Maroela Media this morning.
Publiek kan polisie nou evalueer vir dienslewering
Die polisie het Vrydag ‘n aanlyn platform van stapel gestuur waarop lede van die publiek die polisie se diens kan evalueer. Dit vorm deel van die polisie se nasionale veldtog vir ‘n veiliger feesseisoen.
Die Rate My Service-platform sal almal in Suid-Afrika die geleentheid gee om enige diens wat hulle by die polisiestasies reg oor die land kry te evalueer.
“Ons moedig alle mense aan om elke liewe diens wat hulle van ons ontvang te evalueer sodat ons ‘n duidelike prentjie het van hoe ons vaar en so ons dienslewering kan verbeter,” het die polisiekommissaris, genrl. Fannie Masemola, gese. “Ons wil graag die publiek se vertroue terugwen en ons kan dit net doen deur ‘n behoorlike diens te lewer en te verbeter waar daar swakpunte is.”
Die platform sal lede van die publiek geleentheid gee om ‘n vraelys te voltooi. Dit kan tydens hul interaksie met die polisie of later voltooi word. “Die polisiebestuur moedig ook alle lede aan om moeite te doen om ‘n meer professionele, effektiewe en doeltreffende diens te lewer, wat die publiek ten alle tye van ons organisasie verdien.”
As deel van die veldtog vir ‘n veiliger feesseisoen sal gereelde padblokkades gehou word en gesoekte misdadigers meer intensief nagespeur word. Die polisie wil ook in die algemeen hul sigbaarheid verbeter. Altesaam 36 polisievoertuie is ook aan die Wes-Kaap voorsien om polisie te help om misdaad in bendegebiede, waar moorde gereeld gepleeg word, te beveg.
Die polisie wil ook fokus op geslagsgebaseerde geweld, grensveiligheid, padveiligheid, onwettige mynaktiwiteite en gewelddadige misdade soos rooftogte.
“Ons gaan nie saam met kriminele regeer nie. Ons prioriteit is die veiligheid en sekuriteit van alle inwoners van hierdie land en hul eiendom,” het Bheki Cele, minister van polisie, Vrydag gese.
“Polisiebeamptes word ook opdrag gegee om in die besonder na die mees kwesbare lede van die samelewing om te sien, tydens hierdie feesseisoen en ook daarna.”


QR Web address: https://forms.office.com/r/TNSF398mlUV