
22 Junie 2023
21:30
Corona, R312
4x Gewapende mans het die Plaasbestuurder aangeval, vermoedelik toe hy die kragopwekker gaan afsit het. Die mense is ongedeurt, maar erg getraumatiseerd.
3 van die aanvallers het balaklavas aan gehad en een net ‘n mus. Alle rolspelers is ontbied en ontplooi.
Daar is aanvanklik gese dat hulle in die rigting van Fisantekraal gevlug het, maar
volgens die K9 eenheid, spoorsnyers en die drone wat ontplooi is, het spore in die rigting van Klipheuwel gewys.
Behalwe vir die selfone is daar ook vuurwapens gesteel.
Geen arrestasies sover.
Bron: Breede Valley Farm Watch Fire and Rescue